Skip to content

93 Ammo Depot Traditional Cache

This cache has been archived.

Span Marlin: I'll reactivate all my caches again when I find time to properly maintain them. Sorry guys!

More
Hidden : 1/21/2012
Difficulty:
2 out of 5
Terrain:
2 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

93 Ammo Depot, used to store ammonution for the the government, build in 1941.

93 Ammo Depot, gebruik om ammo vir die regering te stoor, gebou in 1941.

Afrikaans:

93 Ammo Depot (Royal Navy Armaments Depot)

Hierdie cache moet verkieslik nie in die aand gedoen word, aangesien flitse dalk die Depot se aandag gaan trek.

Die depot is tydens die Tweede Wêreldoorlog gebou nadat Japan op 7 Desember 1941 aangedui het dat hy tot die oorlog toetree. Net die volgende dag het die Britte besluit om met ``Projek X'' in die Noord-Kaap tussen Jan Kempdorp en Ganspan te begin.

Daar is besluit om die basis feitlik in Suid-Afrika se geografiese middelpunt op te rig sodat dit buite bereik van die Japannese vliegdekskepe aan die Suid-Afrikaanse kus kon wees. Nog 'n rede vir die keuse van die ligging was die reeds bestaande spoorverbindings na Durban, Port Elizabeth en Kaapstad.

Die Britse koninklike vloot is in beheer van die depot geplaas. Dit is in dié tyd dat die depot se ``spook'' begin loop het. Ene mnr. Stiffy Swift, wat by die depot diens gedoen het in 1942, is dood toe hy 'n skeepsdieptebom laat ontplof het. Nou, jare later, glo mense steeds Swift patrolleer veral die ouer geboue gereeld. Hy het glo selfs eendag 'n soldaat beetgepak en sy identifikasieskyfie (dog tags) van sy nek afgeruk.

Die Unie-Verdedigingsmag het 'n aantal jare later met die oprigting van sy eie ammunisiedepot in dieselfde gebied begin. Later in die ‘50’s is die twee depots saamgevoeg onder die huidige naam en onder bestuur van die weermag geplaas. Die basis se hoofdoel is om die ammunisievoorraad van die weermag te help in stand hou. 'n Belangrike taak is om ook die ondiensbare of ou ammunisievoorraad van die weermag te vernietig.

Daar het die persepsie ontstaan dat daar 'n ondergrondse wapenopslagplek by die depot was. Inwoners het bespiegel dat daar sommer baie tenks en vliegtuie onder die grond geberg word. Ander het beweer dat dit net 'n kwessie van tyd is voordat die depot die hele Jan Kempdorp van die aarde gaan vee as van die ammunisievoorraad om die een of ander rede begin ontplof. ``Ek vermoed die mite van die vliegtuie wat ondergronds gestoor word, het ontstaan omdat die Hercules C 130-vragvliegtuie altyd saans op die basis geland het om voorraad vir die grens op te pik. 'n C 130 maak 'n allemintige geraas as hy land. Die vliegtuie het boonop altyd aan die dorp se kant geland, wat die geraas nog meer onder die inwoners se aandag gebring het. Die vliegtuie het dan later die nag waarskynlik as al die mense al slaap aan die teenoorgestelde kant, met heelwat minder geraas, weer opgestyg. Mense het toe maar twee en twee bymekaar begin sit en ses gekry.

Die ammunisie word volgens die strengste riglyne bewaar. Lugversorging sorg dat die temperatuur in die bunkers koel bly.

Geen wapendief sal maklik toegang deur die geëlektrifiseerde heining kry nie. Sedert die heinings in die vroeë ‘90’s opgerig is, was daar nie 'n enkele poging tot 'n inbraak nie. Die heining word sentraal op 'n rekenaar gemonitor. Die omheining strek oor 'n afstand van 118 km.

Die basis self, met die toetsterreine, is 6 500 vk. ha groot.

Die depot handhaaf steeds sy verbintenis met die Britse vloot. Só dra almal op die basis 'n swart baret en 'n swart leergordel. Swart is die amptelike kleur van dié vloot. Die amptelike bevelstaf van die depot is 'n regte Britse vlootswaard. Saam met die stukkie egte leeuvel wat die basis van die depotlede se borskentekens vorm, is dit voorwaar 'n vreemde kombinasie. Maar dan lê die basis ook geografies tussen twee wêrelde: aan die een kant die lushof van die Vaalharts-besproeiingskema en aan die ander kant die Kalahari se bossies en vaalte.

English:

93 Ammo Depot


(Royal Navy Armaments Depot)

This cache should not be attemted during night-time, because your flashlights may attract attention from the Depot.

The depot was build during the Second World War, after Japan announced on December 7, 1941, they are joining the war. The next day, the British decided to start “Project X”, in the Northern Cape, between Jan Kempdorp and Ganspan.

Is was decided to build the depot basically in the centre of South Africa’s geographic centre, to be out of reach of Japanese bombers coming in from the coast. Another reason was the existing railway line linking the area to Durban, Port Elizabeth and Cape Town.

The British Royal Navy was placed in charge of the depot. During this time the “ghost” appeared. A Mr. Stiffy Swift, who did duty at the depot in 1942, died when he let a sea mine explode. Now, years later, people still believe he patrols the older buildings.

The Union also build a depot in the same area, and in the 50’s the depots joined and took on the current name and was placed under Army control. The main purpose of the base was to look after the ammunition for the Army, and to destroy old ammo.

A perception started that there was big underground chambers with airplanes and tanks. This idea might have started long ago, when the Hercules C 130 carrier-plane landed at the base, to load ammo. The C 130 makes a lot of noise while landing, and mostly landed on the Eastern side of the base, close to town. The planes left late at night, when most people was sleeping and could not hear it taking off from the Western side of the base. The planes made less noise taking off. People added 2 and 2 and got 6.

The ammunition is stored according to strict rules. Air-conditioning keeps it cool.

No thieves will get access to the base through the electrified fence, which was erected in the ‘90’s. The fence is 118km’s long and monitor by a computer.

The base is 6,500 ha big.



Dankie aan Ons Twee vir hulp met plasing, asook die verskaffing van die logo.

Additional Hints (Decrypt)

Ubyr-va-bar. Qnne vf 'a tnngwvr va.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)